Isaiah 9:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die goddeloosheid brand soos 'n vuur: dit sal distels en dorings verteer en in die bosse bos aansteek, en dit sal opstyg soos rook opstyg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die land is swart gebrand deur die woede van die Here, die Almagtige. Die volk is die vuurmaakhout, en niemand gee om vir ander mense nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Deur die grimmigheid van die HERE van die leërskare staan die land in vlamme en het die volk geword soos 'n prooi van die vuur; die een spaar die ander nie. |
| Afrikaans 1983 | Onder die straf van die Here die Almagtige brand die land weg, die volk het vuurmaakhout geword; die een mens bekommer hom nie oor die ander nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Deur die gramskap van die Here, Heerser oor alle magte, is die land in duisternis gehul. Die volk het soos kos vir die vuur geword; hulle het nie deernis met mekaar nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, was kwaad. Daarom het die vyande die land verwoes, en daarom het die volk geword soos vuurmaak-hout. Hulle is nie jammer vir mekaar nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die woede van die Here die Almagtige versprei soos ’n veldbrand deur die land. Die volk het sy vuurmaakhout geword, elkeen net oor homself bekommerd. |