Isaiah 9:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal die HERE geen blydskap hê oor hulle jongmanne nie, en Hom nie oor hulle wees en weduwees ontferm nie, want elkeen is 'n huigelaar en 'n kwaaddoener, en elke mond spreek dwaasheid. Oor dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle boosheid is soos ’n veldbrand. Die vuur verbrand nie net die dorings en dissels nie, maar ook die woude. Die brand veroorsaak groot wolke rook.
Afrikaans 1933/1953 Want die goddeloosheid brand soos vuur; dit verteer dorings en distels en steek die digte takke van die bos aan die brand, sodat hulle in 'n rookpilaar opstyg.
Afrikaans 1983 Die goddeloosheid brand soos 'n vuur. Dit verteer dorings en dissels en steek die digte takke van die bos aan die brand, sodat hulle in 'n rookkolom verdwyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, goddeloosheid brand soos vuur, dit verteer doringstruike en onkruid; dit steek die struikgewas in die bos aan die brand, en dit dwarrel weg as rook wat opstyg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, hulle sonde was soos 'n vuur wat brand. Dit het die dorings en bossies verbrand, dit het die plante in die bos aan die brand gesteek. Die rook het in die lug opgegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle goddeloosheid vernietig die land soos ’n veldbrand. Alles word voor die voet deur so ’n brand verteer, nie net die dorings en bossies nie, maar ook die bos. Al wat oorbly, is die rook wat in die lug bly hang.