Isaiah 9:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die leiers van hierdie volk laat hulle dwaal; en die wat deur hulle gelei word, word vernietig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom is die Here nie bly oor die jong manne nie, en het Hy geen genade selfs vir die weeskinders en weduwees nie. Want hulle is almal voor die voet goddeloos en boos en hulle lieg. Maar selfs dan sal die Here se woede nie afgekoel wees nie. Sy vuis is nog reg om te slaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom sal die Here oor hulle jongmanne nie bly wees nie en Hom nie ontferm oor hulle wese en hulle weduwees nie; want hulle is almal roekelose mense en kwaaddoeners, en elke mond spreek goddeloosheid. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek. |
| Afrikaans 1983 | Almal is godloos en sleg, elke mond laster teen die Here. Daarom sal selfs die volk se jongmense die Here nie meer vreugde verskaf nie en sal Hy nie langer barmhartig wees oor die volk se weeskinders en weduwees nie. Ondanks dit alles bedaar die toorn van die Here nie; sy hand bly uitgesteek teen hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, oor hulle jong manne verheug my Heer Hom nie, en oor hulle vaderloses en weduwees ontferm Hy Hom nie. Hulle is immers almal van God vervreem, en is kwaaddoeners; elke mond verkondig dwaasheid. Ondanks dit alles het sy toorn nie bedaar nie, en bly sy hand steeds uitgestrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is hoekom die Here nie meer hou van die jongmense nie en dit is hoekom Hy nie meer jammer is vir die weduwees en weeskinders nie. Hulle is almal sleg en hulle sê dom dinge, hulle praat nie soos die Here wil hê nie. Maar dit was nie genoeg vir die Here nie. Hy het kwaad gebly en Hy het aangehou om hulle te straf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom is die Here nie eens meer opgewonde oor die jongmense nie, en kry Hy ook nie meer die weduwees en die weeskinders jammer nie. Hulle is almal ewe korrup en goddeloos, en die een vertel meer leuens as die ander. Maar die Here se woede het nog nie bedaar nie. Hy is van plan om hulle nog te straf. |