Isaiah 9:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | die Arameërs voor en die Filistyne van agter; en hulle sal Israel met oop mond verslind. Oor dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs ná al hierdie straf sal die volk hulle steeds nie bekeer en na die Here, die Almagtige, terugdraai nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die volk bekeer hulle nie tot Hom wat hulle slaan nie, en hulle soek nie die HERE van die leërskare nie. |
| Afrikaans 1983 | Die volk het hulle egter nie bekeer tot Hom deur wie hulle gestraf is nie, hulle het nie gevra na die wil van die Here die Almagtige nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die volk het nie teruggekeer na Hom wat hulle geslaan het nie, en die Here, Heerser oor alle magte, nie geraadpleeg nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die volk het nie teruggekom na die Here toe nie. Die Here wat oor alles regeer, het hulle gestraf, maar hulle wou nie naby Hom wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ten spyte van die straf het die volk hulle nie bekeer en na die Here toe teruggedraai nie. Hulle het ook nie gevra wat Hy van hulle verwag nie. |