Isaiah 9:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal die HERE die teëstanders van Resin teen hom oprig en sy vyande saamvoeg;
Afrikaans (NLV) 2011 Saam met hulle kom ook die Arameërs uit die ooste en die Filistyne uit die weste. Hulle sal hulle tande wys en Israel opeet. Maar selfs dan sal die Here se woede nie afgekoel wees nie. Sy vuis is nog reg om te slaan.
Afrikaans 1933/1953 die Arameërs van voor en die Filistyne van agter, dat hulle Israel met volle mond kan opeet. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.
Afrikaans 1983 Arameërs uit die ooste en Filistyne uit die weste het vir Israel met een hap verslind. Ondanks dit alles bedaar die toorn van die Here nie; sy hand bly uitgesteek teen hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aram uit die ooste en die Filistyne uit die weste. Hulle het Israel gulsig verslind. Ondanks dit alles het sy toorn nie bedaar nie, en bly sy hand steeds uitgestrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Arameërs het uit die ooste gekom en die Filistyne uit die weste, en hulle het Israel aangeval. Hulle het die land heeltemal verwoes. Maar dit was nie genoeg vir die Here nie. Hy het kwaad gebly en Hy het aangehou om hulle te straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Siriërs uit die ooste en die Filistyne uit die weste storm op Israel af soos roofdiere om hulle op te vreet. Ondanks dit alles het die Here se woede nog nie bedaar nie en is Hy van plan om hulle nog te straf.