Isaiah 9:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nogtans sal die donkerheid nie so wees soos in haar ergernis nie, toe hy eers die land Sébulon en die land Naftali ligtelik geteister het en haar daarna ernstiger geteister het op die pad van die see, anderkant die Jordaan, in Galilea van die nasies.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense wat in die donkerte geleef het, sal ’n groot lig sien. Die lig sal skyn op almal in die land waaroor die dood ’n skaduwee gegooi het.
Afrikaans 1933/1953 Die volk wat in duisternis wandel, het 'n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het 'n lig geskyn.
Afrikaans 1983 Die volk wat in donkerte geleef het, het 'n groot lig gesien, oor dié wat in die donker land was, het 'n lig geskyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volk wat in duisternis ronddwaal, het 'n groot lig gesien; hulle wat in 'n stikdonker land woon – oor hulle het 'n lig geskyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volk wat in die donker gelewe het, sien 'n groot lig. 'n Lig skyn oor die mense wat gewoon het in 'n land waar dit baie donker is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volk wat in verdrukking en donkerte moes leef, sien nou ’n helder lig. Waar daar ’n donker wolk oor hulle land gehang het, het die lig nou vir hulle deurgebreek.