Isaiah 8:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, kyk, die HERE laat die waters van die rivier, sterk en baie, oor hulle laat opkom, die koning van Assirië en al sy heerlikheid; en hy sal opklim oor al sy belope en oor al sy walle gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom sal die Here húlle oorweldig met ’n magtige vloed, die Eufraatrivier — die koning van Assirië in al sy glorie. Die rivier gaan oor sy oewers stoot, oor al sy walle spoel. |
| Afrikaans 1933/1953 | kyk, daarom sal die Here oor hulle laat opkom die sterk en magtige waters van die Eufraat -- die koning van Assur en al sy heerlikheid -- en hy sal bo al sy beddings styg en gaan oor al sy walle; |
| Afrikaans 1983 | sal die Here die magtige vloedwaters van die Eufraat oor hulle laat kom: die Assiriese koning met al sy mag. Die Eufraat sal oor al sy oewers stoot, oor al sy walle spoel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | daarom: Kyk, my Heer gaan die magtige massas water van die Rivier – die koning van Assirië en al sy hoogwaardigheidsbekleërs – oor hulle bring. “Die rivier sal opstoot oor al sy stroombeddings, en stroom oor al sy walle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal Ek die koning van Assirië en al sy soldate bring om teen Jerusalem oorlog te kom maak. Die koning en sy soldate sal wees soos die groot Eufraat-rivier wat baie en sterk water het en oor sy walle vloei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sal Ek die koning van Assirië met sy volle mag op hulle laat neerkom. Hulle sal lyk soos die Eufraatrivier in volle vloed wat besig is om sy walle te oorstroom. |