Isaiah 8:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aangesien hierdie volk die waters van Siloag verwerp wat saggies loop en bly is oor Resin en Remalja se seun; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die volk van Juda het Siloag se kalm waters verwerp en bly geword oor wat met koning Resin en koning Peka gaan gebeur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Omdat hierdie volk die waters van Siloa verag wat saggies vloei, en daar vreugde is saam met Resin en die seun van Rem lia -- |
| Afrikaans 1983 | “Omdat hierdie volk Siloag se kalm waters verwerp het en bang geword het vir Resin en vir Peka seun van Remalja, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Omdat hierdie volk die water van Siloag, wat sag vloei, verwerp het, en gelukkig is met Resin en die seun van Remalja, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Hierdie mense van Juda en Jerusalem het bang geword vir koning Resin en koning Peka. Hulle het gedink die klein stroompie water in die watersloot langs Jerusalem is nie belangrik nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat hierdie volk die rustige stroompie van die Siloagkanaal verag het en bang geword het vir Resin en Peka, |