Isaiah 8:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal na die aarde kyk; en kyk, benoudheid en duisternis, donkerheid van benoudheid; en hulle sal na die duisternis gedryf word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Waar hulle ook al kyk, sal daar net moeilikheid, angs en wanhoop wees. Mense sal in die donkerte uitgegooi word. |
| Afrikaans 1933/1953 | ook die aarde aanskou, en kyk, daar sal benoudheid en duisternis wees! In jammernag en donkerheid is hulle gedrywe. [ (Isaiah 8:23) Want nie langer sal dit donker wees daar waar benoudheid is nie: in die eerste tyd het Hy die land S,bulon en die land N ftali in veragting gebring, en in die laaste tyd bring Hy tot eer die weg na die see, die oorkant van die Jordaan, die streek van die heidene. ] |
| Afrikaans 1983 | en ondertoe kyk, maar hy sal niks anders sien as benoudheid en donkerte nie, die volslae duisternis en donkerte waarin hulle gedryf is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Na die grond sal hulle staar, en kyk, uitgedryf in die duisternis, is daar net benoudheid en donkerheid, angs sonder lig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en na die grond kyk, maar niemand sal hom help nie. Hy sal net swaarkry en dit sal vir hom donker wees. Dit sal baie donker word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal hulp soek in die hemel en op die aarde, maar daar sal nie vir hulle hulp wees nie, net benoudheid en pikdonker ellende. |