Isaiah 8:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Tot die wet en die getuienis: as hulle nie volgens hierdie woord spreek nie, is dit omdat daar geen lig in hulle is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gaan terug na wat die Here gesê en beveel het! As julle julle nie daaraan steur nie, is daar geen toekoms vir julle nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle 'n volk wat geen dageraad het nie. |
| Afrikaans 1983 | Terug na die wet en die getuienis van die Here! Wie nie volgens hierdie woord praat nie, is sonder toekoms! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | moet julle antwoord: “Gaan na die onderrig en die getuienis!” Hulle moet beslis antwoord volgens hierdie uitspraak, waarteen geen beswering bestand is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet weet wat die Here wil hê julle moet doen en julle moet luister na wat Hy vir julle wil sê. Iemand wat nie vir God vra wat hy moet doen nie, sal nie lewe tot die volgende dag nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hou vas aan die dinge wat die Here vir julle geleer en gewys het. As mense ’n ander rigting as hierdie inslaan, is hulle toekoms duister. |