Isaiah 8:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, ek en die kinders wat die HERE my gegee het, is tot tekens en tot wonders in Israel van die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek en die kinders wat die Here my gegee het, het name wat die planne van die Here, die Almagtige, wat op Sionsberg woon, vir sy volk openbaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het -- tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon. |
| Afrikaans 1983 | Hier is ek en die kinders wat die Here vir my gegee het. Ons is in Israel lewende getuies van die Here die Almagtige wat op Sionsberg woon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hier is ek en die kinders wat die Here aan my gegee het as tekens en simbole in Israel, afkomstig van die Here, Heerser oor alle magte, wat op die berg Sion woon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hier is ek en die kinders wat die Here vir my gegee het. Ons is die tekens wat vir die Israeliete wys dat die Here op Sionsberg woon, die Here wat oor alles regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hier is ek en die kinders wat die Here my gegee het met hulle name wat sy planne uitspel. Ons is lewende getuies in Israel van die Here die Almagtige wat op die berg Sion woon. |