Isaiah 8:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sal 'n heiligdom wees; maar vir 'n klip van aanstoot en 'n rots van struikeling vir beide die huise van Israel, vir 'n jenewer en vir 'n strik vir die inwoners van Jerusalem.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal julle veilig bewaar. Maar vir Juda en Israel sal Hy ’n steen wees wat mense laat struikel en ’n rots wat hulle laat val. En vir die inwoners van Jerusalem sal Hy ’n vangnet wees waarin hulle verstrik raak.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal Hy vir julle 'n heiligdom wees, maar 'n klip waar 'n mens teen stamp en 'n rots waar 'n mens oor struikel, vir die twee huise van Israel, 'n vangnet en 'n strik vir die inwoners van Jerusalem.
Afrikaans 1983 Hý sal vir julle 'n veilige beskutting wees, maar vir die twee koninkryke Juda en Israel sal Hy 'n klip wees waarteen 'n mens jou stamp, 'n rots waaroor jy struikel. Vir die inwoners van Jerusalem sal Hy 'n vangnet en 'n strik wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal 'n heiligdom word, en 'n klip waarteen 'n mens jou stamp, 'n rots waaroor 'n mens struikel; vir die twee huise van Israel sal Hy 'n vangnet word, en 'n valstrik vir die inwoners van Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en Hy sal julle beskerm. Maar Hy sal vir Israel en Juda 'n klip wees waarteen hulle stamp en waaroor hulle val. Hy sal vir die mense wat in Jerusalem woon, 'n vangnet wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy beplan julle ondergang. In plaas daarvan dat Hy vir julle soos ’n oorhangende rots is waaronder ’n mens kan skuil, is Hy vir die twee koninkryke van Israel soos ’n struikelblok. Vir die inwoners van Jerusalem is Hy ’n strik waarin hulle gevang word.