Isaiah 7:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat ons teen Juda optrek en dit kwel, en laat ons vir ons 'n breuk daarin maak en 'n koning in die middel daarvan aanstel, naamlik die seun van Tabeal.
Afrikaans (NLV) 2011 ‘Kom ons val Juda binne en jaag sy mense die skrik op die lyf. Kom ons vat dit vir onsself en stel die seun van Tabeal aan as koning.’
Afrikaans 1933/1953 Laat ons optrek teen Juda en dit skrik aanjaag en dit vir ons verower en die seun van T beal daaroor koning maak.
Afrikaans 1983 Hulle het vir mekaar gesê: Kom ons val Juda aan en oorrompel hom. Dan verdeel ons die land onder ons en ons maak die seun van Tabeal koning van Juda.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Laat ons teen Juda optrek, hulle die skrik op die lyf jaag en dit dan vir ons verower. Laat ons dan 'n koning daarin aanstel, die seun van Tabeal.” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ‘Kom ons gaan na Juda en ons oorwin die land en die stad Jerusalem. Dan maak ons Tabeal se seun daar koning.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle beplan om Juda aan te val en te oorrompel sodat hulle die land vir hulleself kan vat en die seun van Tabeal as hulle eie koning oor Juda kan aanstel.