Isaiah 7:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir Jesaja: Gaan nou Agas tegemoet, jy en jou seun Searjasub, aan die einde van die kanaal van die boonste dam, op die grootpad van die veld van die voller;
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het vir Jesaja gesê: “Gaan uit om koning Agas te ontmoet, jy en jou seun Sear-Jasub. Jy sal die koning kry waar hy op pad is na die veld waar klere gebleik word, by die punt van die kanaal uit die boonste dam.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het vir Jesaja gesê: Gaan tog uit, Agas tegemoet, jy en jou seun Sjear Ja-sjub, aan die end van die watervoor van die Boonste Dam, by die grootpad van die Bleikveld,
Afrikaans 1983 Die Here het toe vir Jesaja gesê: Vat jou seun Sear-Jasub saam en gaan ontmoet vir Agas op die pad na die Bleikveld toe by die punt van die kanaal uit die boonste dam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir Jesaja gesê: “Gaan tog uit om Agas te ontmoet, jy en Sjear-Jasjoeb, jou seun, by die einde van die watervoor na die boonste dam wat aan die pad na die Bleikveld geleë is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Jesaja gesê: “Jy en jou seun Sear-Jasub moet na koning Agas toe gaan. Hy is by die end van die watersloot wat uit die boonste dam kom. Dit is langs die pad na die plek waar die mense die wol was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het toe vir Jesaja gesê: Jy en jou seun Sear-Jasub moet na koning Agas toe gaan. Hy is daar langs die pad waar die kleremakers werk, naby die onderpunt van die kanaal wat van die boonste dam af kom.