Isaiah 7:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En vanweë die oorvloed van melk wat hulle gee, sal hy botter eet; want botter en heuning sal elkeen eet wat in die land oorbly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die min mense in die land sal van dikmelk en wilde heuning leef omdat dit al is wat die land produseer. |
| Afrikaans 1933/1953 | en weens die oorvloed van melk wat hulle gee, sal hy dikmelk eet; want dikmelk en heuning sal almal eet wat in die land oorgebly het. |
| Afrikaans 1983 | dikmelk hê om te eet danksy die oorvloed melk wat hulle gee. Dié wat in die land oorbly, sal almal dikmelk en heuning eet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en vanweë die oorvloed van melk wat hulle gee, sal hy dikmelk eet. Ja, dikmelk en heuning sal almal eet wat in die land oorgebly het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar hulle sal baie melk gee, so baie dat die man dikmelk sal hê om te eet. Ja, almal wat aanhou lewe in die land, sal dikmelk en heuning eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sal hy genoeg dikmelk hê om te eet uit die oorvloed wat hulle sal gee. Die enigste kos wat die paar mense wat in die land oorgebly het, sal hê om te eet sal heuning en dikmelk wees. |