Isaiah 7:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Op dieselfde dag sal die HERE die kop en die hare van die voete skeer met 'n skeermes wat gehuur word, naamlik deur hulle anderkant die Nyl, deur die koning van Assirië, en dit sal ook die baard verteer.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie dag sal die Here hierdie skeermes gebruik, die Assiriërs wat julle gehuur het om julle te beskerm. En Hy sal alles afskeer: die hare op julle kop, julle beenhare en julle baarde.
Afrikaans 1933/1953 In die dag sal die HERE met die skeermes wat anderkant die Eufraat gehuur is, met die koning van Assur, afskeer die hoof en die hare van die voete; en dit sal ook die baard wegneem.
Afrikaans 1983 “In dié tyd sal die Here julle kaalskeer, die hare op julle koppe en op julle liggame, en ook julle baarde. Hy sal dit doen met 'n skeermes wat oorkant die Eufraat gehuur is, die koning van Assirië.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Op daardie dag sal my Heer met 'n skeermes wat gehuur is anderkant die Rivier, met die koning van Assirië, die kop en hare van die voete afskeer; dit sal ook die baard verwyder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Daardie dag sal die Here 'n skeermes anderkant die Eufraat-rivier huur, en Hy sal al julle hare afskeer: die hare op julle kop en op julle lyf, en ook julle baard. Die skeermes is die koning van Assirië.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “In daardie tyd sal die Here ’n skeermes aan die oorkant van die Eufraatrivier gaan huur, die koning van Assirië. Hy en sy leër sal julle kaal skeer van kop tot tone. Al wat sal oorbly, is julle vernedering en skande.