Isaiah 7:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan die huis van Dawid is meegedeel en gesê: Aram is verbonde aan Efraim. En sy hart het geroer, en die hart van sy volk, soos die bome van die bos geroer word deur die wind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die nuus het die koninklike hof bereik: “Aram het ’n bondgenootskap met Israel teen ons gesluit!” Toe het die koning en sy mense soos bome in ’n stormwind gebewe van vrees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe hulle aan die huis van Dawid berig stuur met die woorde: Die Arameërs het op Efraim toegesak! -- het sy hart en die hart van sy volk gebewe soos die bome van die bos bewe voor die wind. |
| Afrikaans 1983 | Die berig dat die Arameërs reeds in die Israelitiese gebied in Efraim kamp opgeslaan het, het vir Agas, die koning uit die geslag van Dawid, in Jerusalem bereik, en hy en sy volk het baie bang geword. Hulle het gebewe soos die bome in die bos bewe in die wind. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die berig aan die huis van Dawid gebring is, “Aram het by Efraim aangesluit, ” het Agas se hart en die hart van sy volk gebewe soos die bome van 'n bos voor wind bewe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Agas, die koning van die nageslag van Dawid, het gehoor dat die Arameërs klaar in die land Efraim is. Agas en sy mense het baie bang geword. Hulle het gebewe soos bome in die bos bewe wanneer die wind waai. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe koning Agas (’n koning uit die nageslag van Dawid) die boodskap kry dat die Siriërs ’n samewerkingsooreenkoms met die noordelike gebied van Israel aangegaan het, het hy en sy mense so bang geword dat hulle aan die bewe geraak het. Hulle het behoorlik soos bome gelyk wat deur die wind rondgewaai word. |