Isaiah 7:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal kom en almal rus in die verlate valleie en in die gate van die rotse en op al die dorings en op al die bosse.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle kom in groot hordes en gaan die hele land tref. Hulle sal in die diep valleie, gate in die rotse, al die doringbosse en weivelde gaan sit.
Afrikaans 1933/1953 en hulle sal kom en almal gaan sit in die dale van die steil hoogtes en in die skeure van die rotse en op al die doringbosse en op die drinkplekke.
Afrikaans 1983 Hulle sal almal kom en gaan sit in die steil klowe en in die rotsskeure en op al die doringbosse en by al die drinkplekke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal kom en almal gaan sit in die dale by die kranse, in die rotsskeure, en op al die doringbosse en by al die drinkplekke.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal almal kom en gaan sit in die berge en in die grotte in die berge en op al die doringbosse en by al die plekke waar daar water is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal in groot swerms op julle toesak. Nie een gebied sal hulle vryspring nie, nie die verlate valleie, die grotte of selfs die doringstruike nie, en nog minder die vrugbare weivelde.