Isaiah 7:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE sal oor jou en oor jou volk en oor jou vader se huis dae bring wat nie gekom het nie, van die dag af dat Efraim uit Juda vertrek het; selfs die koning van Assirië.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Here sal binnekort verskriklike tye oor jou, jou volk en jou familie bring, erger as in al die jare vandat Salomo se koninkryk in Israel en Juda geskeur het: Hy bring die magtige koning van Assirië met sy groot leër!”
Afrikaans 1933/1953 Maar die HERE sal oor jou en jou volk en die huis van jou vader dae laat kom soos daar nie gekom het van die dag dat Efraim van Juda afgeval het nie -- die koning van Assur!
Afrikaans 1983 “Wat jou, jou volk en jou familie betref, die Here sal 'n tyd oor julle laat kom soos daar nie was sedert die dae toe Efraim van Juda af weggebreek het nie. Dit sal gebeur deur die koning van Assirië.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here sal egter dae soos daar nie was sedert die tyd toe Efraim van Juda weggebreek het nie, laat aanbreek oor jou, jou volk en jou familie: die koning van Assirië!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Agas, die Here sal julle laat swaarkry, jy en jou volk en jou familie. Daar sal dinge met julle gebeur wat nog nooit gebeur het nie, vandat die land Efraim en die land Juda nie meer een land is nie. Dit sal gebeur wanneer die koning van Assirië kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nou, wat jou en jou volk en jou familie betref, die Here gaan julle laat swaarkry soos nog nooit tevore nie. Dit sal erger wees as toe die ryk in twee geskeur het, met Efraim aan die een kant en Juda aan die ander kant. Die Here gaan die koning van Assirië na julle toe stuur.