Isaiah 7:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want voordat die seuntjie weet om die kwaad te weier en die goeie te kies, sal die land wat jy 'n afsku het, van sy twee konings verlaat word.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar voordat hy kan kies tussen reg en verkeerd, sal die twee konings vir wie jy so bang is, albei dood wees.
Afrikaans 1933/1953 Want voordat die seuntjie weet om te verwerp wat kwaad is en te kies wat goed is, sal die land vir wie se twee konings jy bang is, verlate wees.
Afrikaans 1983 Maar voordat die seuntjie weet om die verkeerde te verwerp en die goeie te kies, sal die lande van die twee konings vir wie jy bang is, verwoes lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, nog voordat die kind sal weet om die kwaad te verwerp en die goeie te kies, sal die grondgebied van die twee konings oor wie jy verskrik is, verlate lê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Voordat dit gebeur, sal daar nie meer mense wees in die lande van die twee konings vir wie jy bang is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar nog voordat hy daardie ouderdom bereik, sal die lande van die twee konings vir wie jy nou so bang is, reeds in puin lê.