Isaiah 7:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Botter en heuning moet hy eet, sodat hy kan weet om die kwaad te verwerp en die goeie te kies.
Afrikaans (NLV) 2011 Teen die tyd dat die seun oud genoeg is om dikmelk en heuning te eet, sal hy genoeg weet om te kies wat reg is en te verwerp wat verkeerd is.
Afrikaans 1933/1953 Dikmelk en heuning sal hy eet as hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is.
Afrikaans 1983 Hy sal net dikmelk en heuning hê om te eet totdat hy weet om te verwerp wat verkeerd is en te kies wat goed is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dikmelk en heuning sal hy eet, sodat hy kan weet om die kwaad te verwerp en die goeie te kies.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die seun sal dikmelk en heuning eet en hy sal leer om nie slegte dinge te doen nie. Hy sal net doen wat goed is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sal net dikmelk en heuning hê om te eet totdat hy oud genoeg is om tussen reg en verkeerd te onderskei.