Isaiah 7:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal die HERE self vir julle 'n teken gee; Kyk, 'n maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immanuel noem.
Afrikaans (NLV) 2011 Nou goed dan, die Here sal dan self ’n teken kies. Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem.
Afrikaans 1933/1953 Daarom sal die HERE self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Imm nuel noem.
Afrikaans 1983 Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom sal my Heer self vir julle 'n teken gee: Kyk, die jong vrou is swanger, en gaan 'n seun in die wêreld bring. Sy sal hom Immanuel noem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sal die Here self vir julle 'n teken wys. Kyk, die jong vrou verwag 'n baba. Sy sal 'n seun kry en sy sal hom Immanuel noem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In elk geval, die Here sal self vir jou ’n teken gee: ’n jong vrou sal swanger word en ’n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.