Isaiah 7:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Luister tog, o huis van Dawid! Is dit vir julle 'n geringe ding om mense moeg te maak, maar sal julle my God ook moeg maak?
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het Jesaja gesê: “Luister baie mooi, julle koninklike familie van Dawid! Julle is nie tevrede om my geduld te beproef nie. Nou beproef julle God se geduld ook!
Afrikaans 1933/1953 Toe sê hy: Luister tog, o huis van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei, dat julle my God ook vermoei nie?
Afrikaans 1983 Toe sê Jesaja: “Luister, geslag van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei nie, dat julle nou ook my God moet vermoei?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê Jesaja: “Luister tog, huis van Dawid! Is dit nie vir julle genoeg om mense te vermoei nie, dat julle ook my God moet vermoei?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesaja sê toe: “Luister, julle wat van die nageslag van koning Dawid is, julle maak my moeg, en nou wil julle ook my God moeg maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Jesaja: “Koning Agas, jy wat uit Dawid se nageslag kom, luister nou mooi: Is dit nie genoeg dat julle mense se geduld op die proef stel nie? Wil julle nou kyk hoe ver julle die Here se geduld ook kan beproef?