Isaiah 7:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die dae van Agas, die seun van Jotam, die seun van Ussia, die koning van Juda, het Resin, die koning van Aram, en Peka, die seun van Remalja, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem om daarteen te veg, maar kon nie daarteen die oorhand kry nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gedurende die regering van koning Agas van Juda, seun van Jotam en kleinseun van Ussia, het koning Resin van Aram en koning Peka van Israel, seun van Remalja, Jerusalem aangeval. Die stad het die aanval oorleef. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die dae van Agas, die seun van Jotam, die seun van Uss¡a, die koning van Juda, het Resin, die koning van Aram, met Peka, die seun van Rem lia, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem om daarteen oorlog te voer; maar hy kon nie daarteen veg nie. |
| Afrikaans 1983 | In die tyd toe Agas, seun van Jotam en kleinseun van Ussia, koning van Juda was, het die Aramese koning Resin en die Israelitiese koning Peka seun van Remalja 'n veldtog teen Jerusalem onderneem. Die veldtog het egter op niks uitgeloop nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die tyd van Agas, seun van Jotam, seun van Ussia, die koning van Juda, het Resin, die koning van Aram, asook Peka, seun van Remalja, die koning van Israel, teen Jerusalem opgetrek vir oorlog. Hulle was egter nie in staat om teen haar te veg nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Resin van die land Aram en koning Peka van die land Israel het na Jerusalem gekom om oorlog te maak teen die stad. Dit was in die tyd toe Agas koning van Juda was. Agas was die seun van Jotam, en Jotam was die seun van Ussia. Peka was die seun van Remalja. Maar Resin en Peka en hulle soldate kon nie in Jerusalem inkom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die tyd toe koning Agas (hy was die seun van Jotam en die kleinseun van Ussia) koning van Juda was, het koning Resin van Sirië en koning Peka van Israel (hy was Remalja se seun) Jerusalem aangeval. Die aanval het egter misluk. |