Isaiah 66:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sal ek na die geboorte bring en nie laat baar nie? spreek die HERE: Sal Ek die moederskoot laat baar en toesluit? sê jou God.
Afrikaans (NLV) 2011 Bring Ek hierdie nasie tot by die punt van geboorte en laat nie ’n geboorte plaasvind nie? Dit is wat die Here vra. Sou Ek ’n geboorte laat geskied en niks word gebore nie? sê jou God.
Afrikaans 1933/1953 Sou Ek naby die geboorte bring en nie laat baar nie? sê die HERE. Of sou Ek wat laat baar, self toesluit? sê jou God.
Afrikaans 1983 Sou Ek die moederskoot laat oopgaan en nie 'n geboorte laat plaasvind nie? vra die Here. Of sou Ek wat geboortes laat plaasvind, die moederskoot toesluit? vra jou God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Sal Ek wat die water laat breek, nie geboorte laat gee nie?” vra die Here. “Of sal Ek, wat geboorte laat gee, die geboorte terughou?” vra jou God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jou God die Here sê: “Al die kinders kom van My af, dit is Ek wat besluit dat 'n vrou kinders sal kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sal Ek dit tot op die punt laat vorder dat die geboorte moet kom en dit dan nie laat gebeur nie? vra die Here. Sal Ek wat geboortes laat gebeur, dit dan skielik terughou? vra jou God.