Isaiah 66:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie het so iets gehoor? wie het sulke dinge gesien? Sal die aarde op een dag laat voortbring? of sal 'n nasie dadelik gebore word? want sodra Sion baar, het sy haar kinders gebaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie het al ooit so iets gehoor? Wie het al ooit so iets gesien? Word ’n land in een oomblik gebore? Word ’n nasie in een dag voortgebring? Maar Jerusalem het skaars geboortepyne gekry of haar babas is reeds gebore.
Afrikaans 1933/1953 Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word 'n land op een enkele dag gebore? Of word 'n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar.
Afrikaans 1983 Wie het al so iets gehoor? Wie het dit al gesien? Word 'n land op een dag gebore, of word 'n nasie in een oomblik in die wêreld gebring? Maar Sion het skaars geboortepyne gekry of sy het haar kinders in die wêreld gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie het al van so iets gehoor? Wie het al sulke dinge gesien? Word 'n land op een dag gebore; of word 'n volk eensklaps in die wêreld gebring? Ja, net toe sy ineenkrimp, het Sion ook geboorte gegee aan haar kinders.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nee, wie het al gehoor dat so iets gebeur? Dit het nog nooit gebeur nie. 'n Land en 'n volk begin nie lewe in een dag nie. Maar Sion het nog net begin geboortepyne kry, toe was haar kinders klaar gebore.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie het al gehoor dat dit anders kan wees? Wie het al so iets gesien? Word ’n land in een enkele dag gebore? Of kom ’n volk in een enkele oomblik in die wêreld in? Sion het nog skaars geboortepyne gevoel, toe is haar seun gebore.