Isaiah 66:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Voordat sy baar, het sy gebaar; voordat haar pyn gekom het, is sy van 'n manlike kind verlos. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Voordat sy geboortepyne kry, het Jerusalem al klaar ’n seun in die wêreld gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Voordat sy weë gekry het, het sy gebaar; voordat smart oor haar gekom het, is sy van 'n seuntjie verlos. |
| Afrikaans 1983 | Bring 'n vrou 'n kind in die wêreld voordat sy geboortepyne het? Kry sy 'n kind voordat die pyne haar oorval? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nog voordat sy ineenkrimp, het sy reeds geboorte gegee; nog voordat die geboortepyne haar oorval, het sy 'n seun in die wêreld gebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dink julle 'n vrou kan 'n baba kry en nie geboortepyne hê nie? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Geboortepyne kom eers voordat ’n vrou ’n baba in die wêreld bring. ’n Baba word nie gebore as die pyne nie eers gekom het nie. |