Isaiah 66:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Stem van geraas uit die stad, 'n stem uit die tempel, 'n stem van die HERE wat vergelding aan sy vyande vergeld.
Afrikaans (NLV) 2011 Luister! Die stad is in oproer. Hoor die geraas in die tempel! So klink dit wanneer die Here sy vyande terugbetaal oor alles wat hulle gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 Hoor -- 'n rumoer uit die stad! Hoor -- uit die tempel! Hoor -- dit is die HERE wat sy vyande hulle dade vergeld!
Afrikaans 1983 hoor die rumoer daar in die stad, hoor daar in die tempel, hoor hoe die Here sy vyande straf oor hulle dade.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die geluid van 'n rumoer uit die stad! 'n Geluid uit die •tempel! Die stem van die Here wat met sy vyande afreken volgens wat hulle verdien!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Luister hoe raas dit in die stad en in die paleis. Dit is die Here wat sy vyande straf oor die dinge wat hulle gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Luister na die lawaai wat uit die stad kom! Hoor die rumoer daar by die tempel! Dit is die geluid van die Here wat sy vyande terugbetaal vir wat hulle gedoen het.