Isaiah 66:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoor die woord van die HERE, julle wat bewe vir sy woord! Julle broeders wat julle gehaat het, wat julle ter wille van my Naam verdryf, het gesê: Laat die HERE verheerlik word, maar Hy sal tot julle blydskap verskyn, en hulle sal beskaamd staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Luister na die boodskap van die Here, en bewe oor wat Hy sê: “Julle naaste familie haat julle en verstoot julle omdat julle lojaal aan My is. ‘Laat die Here Homself bewys,’ sê hulle, ‘sodat ons julle vreugde kan sien!’ Maar hulle sal in die skande kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoor die woord van die HERE, julle wat vir sy woord bewe! Julle broers, julle haters wat julle verstoot om my Naam ontwil, sê: Laat die HERE heerlik word, dat ons julle vreugde kan aanskou! Maar hulle sal beskaamd staan! |
| Afrikaans 1983 | Hoor die woord van die Here, julle wat ontsag het vir sy woord: Julle broers deur wie julle gehaat word, deur wie julle verstoot word ter wille van my Naam, sê: “Laat die Here sy mag bewys, dat ons kan sien waarom julle so bly is!” Maar hulle sal ontnugter word: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoor die woord van die Here, julle wat sidder vir sy woord: “Julle volksgenote wat julle haat, wat julle verstoot ter wille van my Naam, het gesê, ‘Laat die Here verheerlik word, sodat ons julle vreugde kan aanskou!’ Maar self sal hulle beskaamd staan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle wat bewe wanneer die Here praat, julle moet luister na wat die Here sê: “Party van julle eie mense haat julle en hulle wil julle nie ken nie omdat julle My dien. Hulle sê: ‘Die Here moet vir ons wys Hy is God, sodat ons kan sien hoekom julle so bly is.’ Maar die mense wat dit sê, sal jammer wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle wat respek het vir die Here se woord moet hoor wat die Here vir julle sê: Die mense uit julle volk wat julle haat en julle verstoot omdat julle aan My getrou bly, sal spot en vir julle sê: “Eer maar die Here. Laat ons sien waarom julle so bly is oor God!” Hulle gaan in die skande kom. |