Isaiah 66:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal ook hulle dwalings kies en hulle angs oor hulle bring; want toe ek geroep het, het niemand geantwoord nie; toe Ek spreek, het hulle nie geluister nie, maar hulle het gedoen wat verkeerd was voor my oë, en het gekies waarin Ek geen behae gehad het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sal Ek hulle moet straf en oor hulle bring wat hulle die meeste vrees. Toe Ek geroep het, het niemand geantwoord nie; toe Ek gepraat het, het niemand geluister nie. Hulle het gedoen wat in my oë verkeerd is. Hulle het gekies om te doen juis dit wat Ek haat.”
Afrikaans 1933/1953 so sal Ek ook hulle ongeluk verkies en wat hulle met skrik vervul, oor hulle laat kom; omdat Ek geroep en niemand geantwoord het nie, Ek gespreek en hulle nie gehoor het nie; maar hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë, en verkies wat My nie behaag nie.
Afrikaans 1983 Daarom besluit Ek dat hulle gestraf moet word en bring Ek verskrikking oor hulle. Toe Ek geroep het, het niemand geantwoord nie, toe Ek gepraat het, het niemand geluister nie; hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë, hulle het gekies vir wat My nie aanstaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sal ook Ek kies om hulle streng te behandel; en dit wat hulle vrees sal Ek oor hulle bring. Want toe Ek geroep het, het niemand geantwoord nie; toe Ek gepraat het, het hulle nie geluister nie. Hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë, en wat onaanvaarbaar is vir My, het hulle gekies.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het ook besluit, Ek het besluit om julle te straf en julle baie swaar te laat kry. Ek doen dit omdat Ek julle geroep het, maar julle het nie geantwoord nie. Julle was nie gehoorsaam toe Ek gepraat het nie. Julle het dinge gedoen waarvan Ek nie hou nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het besluit om dinge met hulle te laat gebeur waarvoor hulle bang is. Ek het hulle mos geroep, maar niemand wou My antwoord nie. Ek het met hulle gepraat, maar hulle wou nie luister nie. Hulle het aangehou om te doen wat vir My verkeerd is. Hulle het hulle toegespits op die dinge wat vir My onaanvaarbaar is.