Isaiah 66:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want soos die nuwe hemele en die nuwe aarde wat Ek sal maak, voor My aangesig sal bestaan, spreek die HERE, so sal jou nageslag en jou naam bestaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek gaan maak, sal bly bestaan,” sê die Here, “so sal julle as my volk bly bestaan.
Afrikaans 1933/1953 Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die HERE, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees.
Afrikaans 1983 Soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek gaan maak, in my diens sal staan, sê die Here, so sal julle nageslag en julle roem in my diens staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek gaan maak, voor My sal bly voortbestaan,” is die uitspraak van die Here, “so sal julle nageslag en julle naam bly voortbestaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê ook: “Julle nageslag en julle naam sal altyd by My wees, soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek sal maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle nageslag en julle naam sal voortbestaan, sê die Here, net so seker as wat die nuwe hemel en aarde wat Ek maak, voor My sal bly staan.