Isaiah 66:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want al hierdie dinge het my hand gemaak, en al hierdie dinge het gebeur, spreek die HERE; maar op hierdie man sal Ek kyk, op hom wat arm is en verslae van gees en bewe vir my woord. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My hand het alle dinge gemaak en so het alles ontstaan. Ek, die Here, het gepraat! “Dit is die een wat Ek raaksien, die een wat nederig is en berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord. |
| Afrikaans 1983 | Ek het alles gemaak en so het alles ontstaan, sê die Here. Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al hierdie dinge – my hand het dit gemaak; so het alles ontstaan,” is die uitspraak van die Here. “Op so iemand sal Ek ag slaan: op 'n magtelose met 'n verslae gees, wat sidder vir my woord. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het alles gemaak met my eie hande, en toe was dit daar.” Dit sê die Here. “Die mense wat hulleself nie kan help nie, is belangrik vir My. Hulle is mense wat weet dat hulle nie belangrik is nie, hulle bewe wanneer Ek praat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het self alles gemaak sodat alles aan My kan behoort, sê die Here. Ek hou daarvan om mense te sien wat nederig is, wat jammer is oor hulle sonde en respek het vir My. |