Isaiah 66:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek ken hulle werke en hulle gedagtes; dit sal kom dat Ek al die nasies en tale sal versamel; en hulle sal kom en my heerlikheid aanskou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek weet wat hulle doen en wat hulle dink. Daarom maak Ek al die nasies en volke bymekaar. Hulle sal kom en my heerlikheid sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek ken hulle werke en hulle gedagtes; die tyd kom dat Ek al die nasies en tonge versamel; en hulle sal kom en my heerlikheid sien. |
| Afrikaans 1983 | Ek weet wat hulle doen en dink; die tyd kom dat Ek al die nasies en al die taalgroepe bymekaar gaan maak. Hulle sal kom en hulle sal sien hoe magtig Ek is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ En Ek? Wat hulle dade en gedagtes betref, die vuur is aan die kom om al die nasies en tale bymekaar te dryf. Hulle sal kom en my heerlikheid sien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek weet wat hulle doen en wat hulle dink. Ek sal kom en al die volke bymekaarmaak. En hulle sal kom en hulle sal weet dat Ek God is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek weet wat hulle doen en wat in hulle gedagtes omgaan. Die tyd kom dat Ek al die nasies en die taalgroepe bymekaar gaan laat kom. Hulle sal kom en hulle sal sien hoe sterk Ek is. |