Isaiah 66:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want deur vuur en met sy swaard sal die HERE stryd voer met alle vlees, en die wat deur die HERE verslaan is, sal baie wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Met vuur en sy swaard kom die Here om al wat leef te straf. Baie sal sterf weens die Here se woede.
Afrikaans 1933/1953 Want met vuur en met sy swaard sal die HERE strafgerig hou oor alle vlees, en hulle wat deur die HERE verslaan is, sal baie wees.
Afrikaans 1983 Die Here kom om al wat leef, te straf met vuur en swaard, Hy sal baie laat sterf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, met vuur en sy swaard gaan die Here die saak bereg met alle mense. Talryk sal dié wees wat deur die Here verslaan word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sal kom in vuur om al die mense te straf. Hy sal hulle doodmaak met sy swaard. Hy sal baie mense laat sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy kom om met vuur en swaard te oordeel oor almal wat leef. Die Here sal baie laat doodgaan.