Isaiah 66:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want kyk, die HERE sal kom met vuur en met sy strydwaens soos 'n warrelwind, om sy toorn met grimmigheid en sy bestraffing met vuurvlamme te laat weerstaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Kyk, die Here kom met vuur. Sy oorlogwaens is soos ’n stormwind. Hy kom sy vyande straf met die wraak van sy woede. Hy voltrek sy straf met vuur.
Afrikaans 1933/1953 Want kyk, die HERE sal kom in vuur, en sy waens soos 'n stormwind, om in hittigheid sy toorn te openbaar en in vuurvlamme sy dreiging.
Afrikaans 1983 Die Here kom in vuur, sy strydwaens is soos 'n stormwind. Hy kom sy toorn koel, Hy kom die straf voltrek met vuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want kyk, die Here sal met vuur kom, en soos 'n stormwind is sy strydwaens, om met woede sy toorn te laat geld, en sy dreigement kom met vuurvlamme.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, julle moet kyk, die Here sal kom. Hy sal kom, Hy sal sy oorlogkarre bring en Hy sal kom, Hy sal kom in vuur en stormwinde. Hy is kwaad en Hy sal sy vyande straf en hulle brand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk, die Here kom met vuur na die wêreld toe. Sy oorlogswaens kom soos ’n stormwind. Hy kom om met die hitte van sy woede en met sy vuurvlamme te straf.