Isaiah 66:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as julle dit sien, sal julle hart bly wees, en julle gebeente sal bloei soos 'n plante; en die hand van die HERE sal bekend word aan sy dienaars en sy grimmigheid oor sy vyande.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, sal julle bly wees. Julle sal uitspruit soos groen gras. Die mag van die Here sal geopenbaar word aan dié wat Hom dien, maar sy vyande sal Hy straf.
Afrikaans 1933/1953 En julle sal dit sien, en julle hart sal vrolik wees, en julle gebeente sal groei soos die jong gras; dan sal die hand van die HERE bekend word aan sy knegte, en Hy sal op sy vyande grimmig wees.
Afrikaans 1983 Julle sal dit beleef en julle sal bly wees; julle sal nuwe lewe kry soos groen gras wat uitspruit. So sal die mag van die Here geopenbaar word aan sy dienaars, en sal Hy sy vyande straf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As julle dit sien, sal julle harte bly wees; julle gebeente sal soos groen plante gedy.” Die mag van die Here sal bekend wees by sy diensknegte, en Hy sal sy vyande vervloek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal sien dit gebeur met julle en julle sal bly wees, julle sal nuwe lewe kry soos groen gras.” Almal sal sien die Here is by sy dienaars, maar Hy is kwaad vir sy vyande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer julle sien wat met julle gebeur, sal julle baie bly word. Julle sal nuwe lewe kry soos groen gras wat uitloop. Dit sal duidelik word dat die Here sorg vir hulle wat vir Hom lewe, maar dat Hy sy vyande straf.