Isaiah 66:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so sê die HERE: Kyk, Ek gee vrede na haar toe soos 'n rivier en die heerlikheid van die heidene soos 'n vloeiende stroom; dan sal julle suig, op haar sye gedra word en op haar knieë geslinger word.
Afrikaans (NLV) 2011 Want dis wat die Here sê: “Ek sal haar vrede maak soos ’n rivier. Die skatte van die nasies sal na haar toe stroom. Haar kinders sal aan haar drink. Sy sal hulle in haar arms dra en hulle op haar skoot vertroetel.
Afrikaans 1933/1953 Want so sê die HERE: Kyk, die vrede lei Ek na haar toe soos 'n rivier en die rykdom van die nasies soos 'n oorlopende stroom; en julle sal suig, julle sal op die heup gedra word en op die knieë getroetel word.
Afrikaans 1983 So sê die Here: Ek laat vrede na haar toe aankom soos 'n rivier, Ek laat die rykdom van die nasies na haar toe stroom. Julle sal aan haar drink, aan haar bors gedra word en op haar skoot getroetel word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want so sê die Here: “Kyk, Ek gaan vrede na haar toe afkeer soos 'n rivier, die luister van nasies soos 'n spruit in vloed; en julle sal drink. Op die heup sal julle gedra word, en op knieë gewieg word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die Here sê: “Ek sal kom, Ek sal dit goed laat gaan en al die duur en mooi dinge van die volke vir Jerusalem gee. Dit sal soos 'n vol rivier na die stad kom. Jerusalem sal vir julle wees soos 'n ma wat haar kinders laat drink en hulle dra en hulle op haar skoot laat sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: Ek sal voorspoed na haar toe laat kom soos ’n rivier wat vloei. Ek sal die rykdom van ander nasies soos water in haar laat instroom. Soos ’n babatjie sal jy aan haar drink. Sy sal jou ronddra en jou vertroetel.