Isaiah 66:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat julle kan suig en versadig word van die borste van haar vertroostinge; sodat julle kan uitmelk en julle verlustig in die oorvloed van haar heerlikheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | By haar sal julle gevoed word totdat julle genoeg het. Julle sal haar oorvloed geniet.” |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat julle kan suig en versadig word aan die bors van haar vertroostinge; sodat julle kan uitdrink en julle verlustig in die oorvloed van haar heerlikheid. |
| Afrikaans 1983 | Julle sal aan haar drink totdat julle genoeg het, totdat julle veilig voel; julle sal drink van die oorvloed wat sy het, en dit geniet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat julle kan suig aan haar vertroostende borste, en versadig kan raak, sodat julle kan drink en julle kan verkwik aan haar vol, ryk borste.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want Jerusalem is soos 'n vrou wat haar kinders aan haar borste laat drink en hulle veilig laat voel. Sy sal julle laat drink en laat lewe, want sy is baie sterk.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Drink aan Jerusalem se voorspoed soos ’n baba aan sy ma se bors drink om versadig te word. |