Isaiah 66:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde 'n voetbank van my voete. Waar is die huis wat julle vir My bou? en waar is die plek van my rus?
Afrikaans (NLV) 2011 So sê die Here: “Die hemel is my troon en die aarde my voetstoeltjie. Kan julle ooit ’n tempel bou wat so goed is? Kan julle ’n huis bou waarin Ek sal woon?
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?
Afrikaans 1983 So sê die Here: Die hemel is my troon en die aarde die rusplek vir my voete. Hoe moet die huis dan wees wat julle vir My bou, die plek waar Ek kan woon?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here: “Die hemel is my troon, en die aarde die voetbank van my voete. Waar is die huis wat julle vir My sou bou, en waar is my rusplek?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Wanneer Ek in die hemel op my troon sit, dan is my voete op die aarde. Dink julle dat julle vir My 'n huis kan bou waar Ek kan woon?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: Die stoel waarop Ek sit om te regeer is bo in die lug. Die plek waar Ek my voete sit, is onder op die grond. Waar sal julle dan ’n huis vir My kan bou waarin Ek sal kan bly?