Isaiah 65:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE: Soos die mos in die tros gevind word, en iemand sê: Moet dit nie vernietig nie; want 'n seën is daarin; so sal Ek doen ter wille van my dienaars, dat Ek hulle nie almal vernietig nie.
Afrikaans (NLV) 2011 So sê die Here: “As daar nog sap in ’n druiwetros is, sê die mense: ‘Moenie dit weggooi nie, want dit kan nog gebruik word.’ So sal Ek doen ter wille van my dienaars: Ek sal hulle nie almal vernietig nie.
Afrikaans 1933/1953 So spreek die HERE: Soos wanneer iemand mos vind in 'n tros druiwe en sê: Verniel dit nie, want daar is 'n seën in -- sal Ek doen ter wille van my knegte, om nie alles te verniel nie.
Afrikaans 1983 So sê die Here: Wanneer 'n druiwetros nog sap het, sê die mense: “Moet dit nie weggooi nie, want dit het nog nut.” So sal Ek doen ter wille van my dienaars, Ek sal hulle nie almal verwerp nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here: “Wanneer daar nog sap te vinde is in 'n druiwetros, sal iemand sê, ‘Moet dit nie vernietig nie, want daar is seën in.’ So sal Ek ook optree ter wille van my diensknegte, sodat alles nie vernietig word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here sê ook: “Wanneer iemand druiwekorrels in 'n druiwetros kry wat wyn kan word, dan sê hy: ‘Moenie dit weggooi nie, ons moet dit hou.’ Ek sal dieselfde doen met my dienaars, Ek sal nie almal weggooi nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar so sê die Here: Ter wille van hulle wat vir My leef, sal Ek hulle nie almal vernietig nie. Ek sal maak soos iemand wat aan ’n druiwetros nog bruikbare korrels kry. Hy sê: “Moenie dit weggooi nie, daar is nog korrels aan wat ons kan gebruik.”