Isaiah 65:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle ongeregtighede en die ongeregtighede van julle vaders saam, spreek die HERE, wat op die berge rook laat opgaan het en My op die heuwels gelaster het; daarom sal Ek hulle vorige werk aan hulle boesem meet.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek gaan hulle straf vir hulle eie sondes en vir die sondes van hulle voorouers,” sê die Here. “Want hulle het wierook gebrand op die berge, en My beledig op die hoogtes. Ek gaan hulle straf, volgens wat hulle verdien.”
Afrikaans 1933/1953 julle ongeregtighede en die ongeregtighede van julle vaders tesame, sê die HERE; dat hulle offerrook laat opgaan het op die berge en My smaadheid aangedoen het op die heuwels -- ja, Ek sal voor alles hulle loon in hulle boesem toemeet.
Afrikaans 1983 Ek gaan hulle straf oor hulle en hulle voorvaders se sondes, sê die Here. Hulle het wierook gebrand op die berge en My beledig op die heuwels. Ek gaan hulle straf vir hulle dade van vroeër, volgens wat hulle verdien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) julle sondeskuld saam met die sondeskuld van julle voorouers, ” sê die Here, “hulle wat offers verbrand het op die berge, en My op die heuwels beledig het, Ek sal hulle loon van vroeër in hulle skote aftel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) oor hulle eie sondes en oor die sondes van hulle voorvaders wat op die berge wierook gebrand het en My beledig het. Ek sal hulle straf oor hulle sondes wat hulle voorheen gedoen het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek gaan hulle terugbetaal vir alles wat hulle gedoen het, sê die Here, vir al hulle en ook hulle ouers se oortredings. Hulle het bo-op die berge wierook gaan offer vir die gode. Hulle het My beledig met hulle afgodsoffers wat hulle bo-op die heuwels gebring het.