Isaiah 65:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | wat tussen die grafte oorgebly het en in die monumente vernag, wat varkvleis eet, en sop van gruwels is in hulle voorwerpe; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die nag gaan hulle na die grafte en geheime plekke om bose geeste te aanbid. Hulle eet varkvleis en onrein kos wat verbode is. |
| Afrikaans 1933/1953 | wat in die grafte sit en vernag in verborge plekke; wat varkvleis eet, en daar is brokke onrein vleis in hulle skottels; |
| Afrikaans 1983 | Hulle sit tussen die grafte en bly snags in geheime plekke. Hulle eet varkvleis, en daar is onrein vleis in hulle borde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | wat in grafte sit, op geheime plekke oornag, wat die vleis van varke eet, met die sous van iets walgliks in hulle potte, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle bly in die nag in grafte, hulle kruip daar weg. Hulle eet varkvleis, daar is onrein vleis in hulle borde, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle gaan bly tussen die grafte en slaap in grotte om die geeste te aanbid. Hulle eet moedswillig varkvleis. Daar is vleis wat vir die afgode geoffer word in hulle borde. |