Isaiah 65:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Volk wat My gedurigdeur terg in my aangesig; wat in tuine offer en reukwerk op baksteenaltare laat opgaan;
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is ’n volk wat My in my gesig beledig. Hulle bring offers vir afgode in tuine en brand wierook op hulle steenaltare.
Afrikaans 1933/1953 'n volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg, wat offer in tuine en rook laat opgaan op bakstene;
Afrikaans 1983 Hierdie volk beledig My gedurig in my gesig, hulle bring soos heidene offers in tuine en brand wierook op hulle altare.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n volk wat My voortdurend in my gesig uittart, wat offerdiere slag in die tuine, dit verbrand op altare van baksteen,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle was mense wat My hartseer gemaak het, hulle was altyd teen My. Hulle het vir afgode offers gebring, hulle het wierook gebrand op plat klippe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle tart My sonder ophou uit. Hulle slag diere om in groen parke te offer. Hulle brand offers op plat rotse.