Isaiah 65:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos 'n bul, en stof sal die vleis van die slang wees. Hulle sal geen kwaad doen of verderf op my hele heilige berg nie, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Die wolf en die lam sal saam wei. Die leeu sal strooi vreet soos ’n bees, en giftige slange sal stof vreet. Op my heilige berg sal hulle geen skade aanrig, en niks vernietig nie. Ek, die Here, sê so!”
Afrikaans 1933/1953 Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos 'n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.
Afrikaans 1983 Die wolf en die lam sal saam wei, die leeu sal strooi vreet soos 'n bees, en stof sal die kos van die slang wees. Op my heilige berg sal niks verkeerds gedoen word nie, niks vernietig word nie, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Wolf en 'n lam sal saam wei, 'n leeu sal soos 'n bees hooi eet; maar 'n slang – stof sal sy kos wees. Mense sal nie kwaad aanrig of hulle wangedra nie – nêrens op my hele heilige berg nie, ” sê die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wolwe en lammers sal saam wei, leeus sal gras vreet soos beeste, en die slange se kos sal stof wees. Hulle sal nie op my gewyde berg iets verkeerd doen nie, hulle sal niks breek nie.” Dit sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die wolwe en die lammetjies sal saam eet in die veld. Leeus sal gras vreet soos beeste. Slange sal van stof leef. By my tempel, sê die Here, sal niemand seergemaak word of enigiets beskadig word nie.