Isaiah 65:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal gebeur dat voordat hulle roep, Ek antwoord; en terwyl hulle nog praat, sal Ek hoor.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal hulle antwoord nog voor hulle na My roep. Terwyl hulle vra, sal Ek hulle gebede verhoor.
Afrikaans 1933/1953 En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.
Afrikaans 1983 Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nog voordat hulle roep, sal Ek hulle antwoord; hulle sal nog besig wees om te praat, dan verhoor Ek hulle al.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal hulle antwoord voordat hulle My roep. Hulle sal net begin bid, dan sal Ek doen wat hulle vra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal vir hulle gee waarvoor hulle bid, selfs nog voor hulle daarvoor gevra het. Terwyl hulle nog besig is om te bid sal Ek reeds na hulle gebed geluister het.