Isaiah 65:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sal nie bou en 'n ander bewoon nie; hulle mag nie plant nie en 'n ander eet, want soos die dae van 'n boom die dae van my volk is, en my uitverkorenes sal lank geniet die werk van hulle hande.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal nie huise bou waarin ander mense woon nie. Hulle sal nie meer plant, maar ander eet die vrugte nie. My volk sal oud word soos ’n boom. Hulle wat Ek uitverkies het, sal die vrug geniet van hulle eie handewerk.
Afrikaans 1933/1953 hulle sal nie bou dat 'n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat 'n ander dit eet nie; want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.
Afrikaans 1983 Hulle sal nie huise bou waarin ander sal woon nie, hulle sal nie wingerde plant waarvan ander die druiwe sal eet nie. My volk sal so oud word soos 'n boom. Dié wat Ek uitverkies het, sal self die vrug van hulle handewerk geniet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal nie bou, sodat 'n ander dit bewoon nie, of plant, sodat 'n ander dit eet nie. Want soos die lewensdae van 'n boom, sal die lewensdae van my volk wees. Die arbeid van hulle hande sal my uitverkorenes self geniet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ander mense sal nie in hulle huise woon en hulle druiwe eet nie. Ek het my mense gekies om aan My te behoort, hulle sal so oud word soos bome, en hulle sal self die vrugte eet van die bome wat hulle geplant het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***