Isaiah 65:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het my hande die hele dag uitgesprei na 'n wederstrewige volk wat wandel op 'n weg wat nie goed was nie, agter hulle eie gedagtes aan;
Afrikaans (NLV) 2011 Want Ek het heeldag lank my hande uitgesteek na my eie, opstandige volk. Maar hulle het aangehou loop op hulle eie sondige paaie. Hulle het hulle eie koppe gevolg.
Afrikaans 1933/1953 Ek het my hande die hele dag uitgebrei na 'n opstandige volk wat wandel op 'n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan;
Afrikaans 1983 Ek het gedurig my hande uitgesteek na 'n opstandige volk wat 'n pad geloop het wat nie goed is nie, wat hulle eie kop gevolg het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het my hande die hele dag uitgestrek na 'n koppige volk, hulle wat, agter hulle eie planne aan, 'n pad loop wat nie goed is nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het my hande na hulle toe uitgesteek, elke dag, maar hulle was opstandige mense, hulle het 'n pad geloop wat nie goed is nie, hulle het gedoen wat hulle wil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het die hele dag uitgereik na ’n volk wat net hulle eie kop wil volg. Hulle volg hulle eie verkeerde koers.