Isaiah 65:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal juig in Jerusalem en jubel oor my volk; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal bly wees oor Jerusalem, My verheug oor my volk. In die stad sal jy nooit weer hoor hoe mense huil of om hulp roep nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal jubel oor Jerusalem, Ek sal bly wees oor my volk. Daar sal in Jerusalem nie meer iemand gehoor word wat huil of om hulp roep nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal oor Jerusalem juig en oor my volk bly wees. In haar sal die klank van gehuil nie weer gehoor word nie, ook nie die klank van 'n geroep om hulp nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal ook juig oor Jerusalem, Ek sal vrolik wees oor my volk, want hulle sal nie meer huil en skree nie, hulle sal nie vra dat iemand hulle moet help nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan vreugde hê aan Jerusalem. Ek gaan bly wees oor die mense wat daar woon. Daar sal nooit weer in die stad iemand gehoor word wat huil of iemand wat treur nie. |