Isaiah 65:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar wees bly en verheug julle vir ewig oor wat Ek skep, want kyk, Ek skep Jerusalem tot vreugde en sy volk tot vreugde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wees bly en jubel oor wat Ek gaan skep. Ek skep ’n Jerusalem waaroor mense bly sal wees, en sy inwoners sal ’n bron van vreugde wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar wees julle bly en juig vir ewig oor wat Ek skep; want kyk, Ek skep Jerusalem om te juig, en sy mense om bly te wees. |
| Afrikaans 1983 | Wees bly, en jubel sonder ophou oor wat Ek gaan skep: Ek gaan 'n Jerusalem skep wat vol blydskap is, sy inwoners sal vreugde hê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar wees bly en juig vir altyd oor wat Ek gaan skep. Ja, kyk, Ek gaan Jerusalem skep as iets om oor te juig, en haar volk tot 'n vreugde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar julle moet vrolik wees en altyd juig oor wat Ek nou wil doen, want Ek sal nou 'n nuwe Jerusalem maak, 'n Jerusalem wat juig. Sy mense sal vrolik wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet juig en sonder ophou bly wees oor wat Ek gaan doen. Ek gaan Jerusalem ’n plek van blydskap maak waarin mense bly wat gelukkig en tevrede is. |