Isaiah 65:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want kyk, Ek skep nuwe hemele en 'n nuwe aarde, en aan die voriges sal nie gedink word en nie in die gedagtes opkom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Kyk, Ek skep ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde. Die vorige dinge sal nie meer onthou word nie en nie in die gedagte opkom nie.
Afrikaans 1933/1953 Want kyk, Ek skep nuwe hemele en 'n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.
Afrikaans 1983 Ek gaan 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde skep; aan dié wat daar nou is, sal daar nie meer gedink word nie, hulle sal nie onthou word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Ja, Ek gaan 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde skep. Aan die vroeëres sal nie meer gedink word nie; dit sal nie in mense se gedagtes opkom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek sal nou 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde maak. Niemand sal weer dink aan hierdie hemel en aarde wat nou hier is nie, niemand sal dit onthou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk, Ek gaan ’n hemel en aarde maak wat heeltemal nuut is. Niemand sal meer aan die ou een dink nie. Niemand sal daarna terugverlang nie.